Thursday, January 21, 2010

Namaqua bevorder mededeelsaamheid


Ons het die ander dag 'n baie aangename boodskap van een van ons aanhangers ontvang:

Hi Namaqua!

Ek wil net dankie sê vir Namaqua se Natural Sweet Rosé medium body dooswyn! Die lekkerste in 'n lang tyd! Ek bly in Gauteng, so wyndrink is nie groot nie, maar ek gaan dit probeer verander. Toe ek geswot het, het ons baie wyn gedrink, maar vandaar af was die die Gauteng-manier om brandewyn te drink! Maar hierdie wyn gee nie eers 'n babbelas nie, en ek kuier nogsteeds lekker! So 10/10 vir julle! En dankie vir al die ander goeie produkte oor die jare. Voorspoedige nuwe jaar!

Hennie Roets
Ellisras

Baie dankie Hennie, ons waardeer dit. Hou aan met deel!